Baie lekker slaai met sous
Elke persoon kry sy eie slaai in sy eie bakkie.
Neem vir elke twee persone een groot advokadopeer wat net ryp is.Sny in blokkies en plaas in bakkies.
Skil vir elkeen 'n groot lemoen, verwyder die wit skil aan die buitekant en sny ook in blokkies. Voeg by in bakkie.
Sous vir elke bakkie
Neem omtrent 'n groot eetlepel , so 20ml , Griekse jogurt en meng dit met 'n gekrummelde skyf Feta kaas.
Voeg hierby 'n bietjie gesmelte heuning en mostert na smaak.
Gooi oor slaai sonder om te roer.
Garneer met broodblokkies. Ek maak sommer self. Braai eers 'n bietjie gekapte knoffel in botter en dan daarna brood blokkies.
Ek sit partykeer pynappel of tamaties by.
|